"Behold a universe so immense that I am lost in it. I no longer know where I am. I am just nothing at all. Our world is terrifying in its insignificance."  So skryf Bernard de Fontenelle (1657-1757).



Maar sê die Skrif in Psalm 8



"Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!"
Matthys Maree (Thys)
Persoonlike webwerf
thys@mjm.co.za